Voornaamwoorde

Wat is voornaamwoorde?

Voornaamwoorde is woorde wat in die plek van 'n selfstandige naamwoord staan.


  1. Persoonlike voornaamwoorde: Dit vervang eiename of soortname.

Byvoorbeeld: ek, jy, ons, julle, hulle, u

  1. Onpersoonlike voornaamwoorde: Daar is net twee soorte voornaamwoorde. Dit en daar.

  2. Besitlike voornaamwoorde: Dit dui aan wie dit besit / dui besittings aan.

Byvoorbeeld: Dit is my boek.

  1. Betreklike voornaamwoorde: Dit verwys na die selfstandige naamwoord.

Byvoorbeeld: Die stoel waarop ons sit.

  1. Vraende voornaamwoorde: Dit is vraagwoorde.

Byvoorbeeld: Wat doen jy daar?

  1. Aanwysende voornaamwoorde: Dit verwys na iets.

Byvoorbeeld: Daardie nar is snaaks.

  1. Onbepaalde voornaamwoorde: Woorde wat nie na 'n spesifieke persoon, dier of ding verwys nie.

Byvoorbeeld: Party mense is baie slim.