Soorte Sinne

Verskillende soorte sinne

  • 'n Stelsin: Dit is wanneer daar 'n stelling gemaak word.

Byvoorbeeld: Ek is baie moeg.

  • 'n Bevelsin: Dit is wanneer daar 'n opdrag (bevel) gegee word.

(Hierdie sin kan met 'n punt of uitroepteken eindig.)

Byvoorbeeld: Bly nou dadelik stil!

  • 'n Uitroepsin: Dit is wanneer daar iets uitgeroep word.

Byvoorbeeld: Pasop! Daar's 'n slang!

  • 'n Vraagsin: Dit is wanneer daar 'n vraag gevra word.

Byvoorbeeld: Hoe laat is dit?

Veelvoudige sinne

  • 'n Veelvoudige sin het twee hoofsinne waarvan albei sinne ewe belangrik is.

Veelvoudige sinne word gewoonlik met 'n voegwoord soos en want of maar verbind.

Byvoorbeeld: Die baba is moeg, maar die baba wil nie slaap nie.


Saamgestelde sinne

  • 'n Saamgestelde sin bestaan uit 'n hoofsin en 'n bysin.

Die hoofsin is die belangrikste en die bysin brei uit op die hoofsin.

Voegwoorde soos omdat, of daarna word gebruik om die hoofsin en bysin te verbind.

Byvoorbeeld: Ons kan nie sport doen nie, omdat dit reën.


Enkelvoudige sinne

  • 'n Enkelvoudige sin bestaan uit een onderwerp en een werkwoord. (Een hoofsin)

Byvoorbeeld: Die seun skop die bal.

(Die seun is jou onderwerp en skop is jou werkwoord.)