Bywoorde vertel ons meer oor werkwoorde, voorsetsels, telwoorde en byvoeglike naamwoorde.
Dit sê vir ons hoe, waar, wanneer, hoeveel of hoe erg iets is.
Verskillende soorte bywoorde:
Bywoord van tyd: Vra wanneer?
Die seun het gister verjaar. Wanneer het die seun verjaar? gister
Bywoord van plek: Vra waar?
Ons gaan by die karavaanpark kamp. Waar gaan ons kamp? karavaanpark
Bywoord van wyse: Vra hoe?
Die dogter hardloop vinnig. Hoe hardloop die dogter? vinnig
Bywoord van graad: Vra hoeveel?
Ons het klomp papiere opgetel. Hoeveel papiere het ons opgetel? klomp