Lydende en bedrywende vorm

Wat is die bedrywende vorm?

Dit is die sin in sy basiese vorm en dit is die beste om te gebruik.

(B vir bedrywend, basies en beste.)

  • Die sin begin met die onderwerp en eindig met die voorwerp.

  • Die onderwerp voer die aksie uit.

Byvoorbeeld: Die hond byt die bal.


Wat is die lydende vorm?

Dit is wanneer die sin met die voorwerp begin.

  • "word deur" word bygevoeg.

  • Die onderwerp en die voorwerp ruil plekke.

  • Die werkwoord verander na die verlede tyd toe.

Byvoorbeeld: Die bal word deur die hond gebyt.