Selfstandige naamwoorde

Wat is selfstandige naamwoorde?

Dit is iets wat jy kan sien, waaraan jy kan vat en voel.

Selfstandige naamwoorde het ook 'n meervouds- en verkleiningsvorm.

Byvoorbeeld: kat, stoel, rusbank, sambreel


Selfstandige naamwoorde (s.nw.) sluit ook die volgende afdelings in:

  • Soortname: Name van dinge waaraan ons kan vat, soos byvoorbeeld hond, boom en huis.

  • Eiename: Dit is name van plekke, dinge, diere, mense, ens. Dit word altyd met 'n hoofletter geskryf. Voorbeelde sluit in Ceres en Simba.

  • Abstrakte naamwoorde: Dit is dinge wat jy nie aan kan vat of voel nie soos byvoorbeeld liefde.

  • Versamelname: Dit is name vir 'n groep mense, diere of dinge soos 'n trop skape.

  • Massaname: Dit is selfstandige naamwoorde wat nie getel kan word nie. Byvoorbeeld: sand, stof en water