Verkleinwoorde
Wat is verkleinwoorde?
Wat is verkleinwoorde?
Verkleinwoorde:
Dit dui op die kleiner vorm van 'n voorwerp.
Byvoorbeeld: 'n Groot kat, maar 'n klein katjie.
Reëls:
Die meeste verkleinwoorde word gevorm deur -tjie, -ie, -jie, -pie, -kie agter die woord by te voeg.
Byvoorbeeld: vark - varkie, boom - boompie, voël - voëltjie
Woorde wat op 'n -d of -t eindig, kry net 'n -jie.
Byvoorbeeld: brood - broodjie
Woorde wat op twee- en drieklanke eindig, kry 'n -tjie.
Byvoorbeeld: leeu - leeutjie
Woorde wat op 'n -ng eindig, val die g weg en 'n -kie word bygevoeg.
Byvoorbeeld: koning - koninkie
(Gogga en Koning kan nie langs mekaar staan nie.)