Voorvoegsels is 'n deeltjie van 'n woord wat vooraan 'n woord (basis/stam) geplaas word.
Dit verander dan die betekenis van die woord.
Byvoorbeeld: ge + slaap = geslaap
Die woord het dus na die verlede tyd toe verander.
Agtervoegsels is 'n deeltjie van 'n woord wat agteraan 'n woord (basis/stam) geplaas word.
Dit verander dan die betekenis van die woord.
Byvoorbeeld: leeu + tjie = leeutjie
Die woord het dus na die verkleiningsvorm verander.