Skryftekens

Wat is skryftekens?

Dit is tekens wat jou help om woorde korrek te spel en uit te spreek.

Byvoorbeeld: deeltekens, kappie, aksenttekens, afkappingsteken, koppelteken


  • Die deelteken: ö / ë

Byvoorbeeld: voël, geëet


  • Die kappie: ê

Byvoorbeeld: kêrel, bêre


  • Afkappingsteken: 's

Byvoorbeeld: ma's, pa's, foto's


  • Aksenttekens: è / é

Word gebruik om woorde te beklemtoon en die klank van 'n letter te verander.

Die akuut: Word net op vokale (a,e,i,o,u) geplaas. Byvoorbeeld: dié

Die gravis: Die gravisteken word net in VIER Afrikaanse woorde gebruik: dè, hè, nè, appèl


  • Koppelteken: -

- Word gebruik om opeenhoping van vokale uit te skakel. Byvoorbeeld: seeeend = see-eend

- Word gebruik wanneer dieselfde woord herhaal word. Byvoorbeeld: gou-gou

- Word gebruik wanneer 'n woord met 'n rigting verbind word. Byvoorbeeld: Suid-Afrika

- Word gebruik wanneer syfers aan 'n woord verbind word. Byvoorbeeld: Graad 1-klas