Dit is die persoon/ding, die iets of die iemand wat die werk doen.
Die gesegde is die werkwoordgedeelte. Dit is die aksie wat gedoen/uitgevoer word.
Dit is die persoon of ding wat die aksie ondergaan. Die werkwoord word aan die voorwerp gedoen / uitgevoer.
Die kat jaag die muis.
Onderwerp: Wie doen die werk? die kat
Gesegde: Wat word gedoen? jaag
Voorwerp: Wie word gejaag? die muis