Basisvorme

Wat is 'n basisvorm?

Dit is die kleinste deel van 'n woord wat betekenis op sy eie kan dra. (Simpleks)

Sommige woorde kan meer as een basisvorm hê. Hierdie woorde is dan samestellings.

Byvoorbeeld: Voëltjie = Die kleinste deel van voëltjie wat op sy eie kan staan is die woord "voël".

Buffelbul = buffel + bul

Boere = boer


Wanneer daar vir jou gevra word om 'n afleiding te maak, beteken dit jy moet die basisvorm vat en 'n voor- of agtervoegsel byvoeg.