Trappe van vergelyking

Wat is trappe van vergelyking?

Daar is drie trappe van vergelyking:

  • Die stellende trap. - Dit is die gewone vorm van die byvoeglike naamwoord.

Byvoorbeeld:
lelik
opgewonde

  • Die vergrotende trap (ook die komparatief genoem) wat gevorm word deur -er agteraan die woord te voeg (of met die woord meer).

Byvoorbeeld:
leliker
meer opgewonde

  • Die oortreffende trap (ook die superlatief genoem) wat gevorm word deur -ste agteraan die woord te voeg (of met die woord mees en 'n -e aan die einde van die byvoeglike naamwoord).

Byvoorbeeld:
lelikste
mees opgewonde