Deelwoorde

Wat is deelwoorde?

Deelwoorde is byvoeglike naamwoorde, selfstandige naamwoorde of bywoorde wat van 'n werkwoord afgelei word.


  • Teenwoordige deelwoorde:

Dit beskryf iets wat tans aan die gebeur is.

Byvoorbeeld: Die singende dogter doen die werk deeglik.


  • Verlede deelwoorde (swak):

Beskryf iets wat reeds gebeur het / klaar voltooi is.

Byvoorbeeld: Sy het die geleende bak misplaas.


  • Verlede deelwoorde (sterk):

Beskryf iets wat reeds gebeur het / klaar voltooi is. Dit het gewoonlik 'n figuurlike betekenis. Die woord verander in totaliteit:

Voorbeelde: breek – gebroke

bederf – bedorwe

kies – gekose

skryf - geskrewe

Byvoorbeeld: Sy het die geskrewe dokument geteken.