Leestekens

Wat is leestekens?

Dit is tekens wat jou lees vergemaklik. Dit is tekens wat vir jou sê hoe 'n sin gelees moet word. Dit het te make met die vloei van 'n sin.

Byvoorbeeld: komma, punt, dubbelpunt, vraagteken, uitroepteken, hoofletters


  • Die punt: ( . )

Punte word gebruik:

  • aan die einde van 'n sin.

  • wanneer afkortings gebruik word.


  • Die komma: ( , )

Die komma word gebruik:

  • om 'n lys goed op te noem.

  • voor voegwoorde.


  • Hoofletters:

Hoofletters word gebruik:

  • aan die begin van 'n sin.

  • om eiename te skryf.

  • om akronieme te skryf.


  • Die uitroepteken: (!)

Uitroeptekens word gebruik:

  • aan die einde van 'n uitroepsin.

  • om emosie uit te beeld.


  • Die vraagteken: (?)

Vraagtekens word aan die einde van 'n vraagsin gebruik.


  • Aanhalingstekens: (" ")

Aanhalingstekens word gebruik wanneer iemand se woorde aangehaal word, of wanneer woorde direk uit 'n boek of teks aangehaal word.


  • Die dubbelpunt: ( : )

Word gebruik in die direkte rede, net voor die aanhalingstekens.


  • Die kommapunt: ( ; )

Staan in die plek van 'n voegwoord. Dit verbind twee sinne met mekaar en dui 'n lang pouse in 'n sin aan.