Lettergrepe
Wat is lettergrepe?
Dit is wanneer jy 'n woord in dele op verdeel. Die spelling word steeds in ag geneem wanneer 'n woord in lettergrepe verdeel word.
Byvoorbeeld: tafeldoek = ta-fel-doek
Reëls:
Woorde word met koppeltekens afgebreek.
Die spelling van die woord bly steeds dieselfde.
"ng" word altyd geskei. Byvoorbeeld: lan-ger
Wanneer daar 'n deelteken woord is, verdeel die woord VOOR die deelteken. Byvoorbeeld: vo-ël
Wanneer daar twee van dieselfde konsonante langs mekaar staan, word die word tussen die twee verdeel. Byvoorbeeld: lek-ker
VERSKILLENDE SOORTE LETTERGREPE:
Geslote (toe) lettergreep: Wanneer die lettergreep met 'n konsonant eindig, is dit 'n toe/geslote lettergreep.
Oop lettergreep: Wanneer die lettergreep met 'n vokaal (a,e,i,o,u) eindig, is dit 'n oop lettergreep.