Afkortings

Wat is afkortings?

Afkortings is wanneer jy woorde verkort, sodat dit vinniger geskryf kan word.


Wat moet jy onthou?

  • Die meeste afkortings kry 'n punt aan die einde.

  • Eenhede wat jy gebruik om in te meet kry nie punte nie. Byvoorbeeld: kilogram = kg

  • Wanneer drie woorde afgekort moet word, kry die afkorting drie punte. Byvoorbeeld: dit wil sê = d.w.s.

  • Maande van die jaar se afkortings is die eerste drie letters van die woord. Byvoorbeeld: Julie = Jul.

  • Dae van die week se afkortings is die eerste twee letters van die woord. Byvoorbeeld: Dinsdag = Di.


AKRONIEME is afkortings wat NUWE WOORDE vorm. Elke letter van die akroniem staan vir 'n woord. Akronieme word in hoofletters geskryf.

Byvoorbeeld: KKNK - Klein Karoo Nasionale Kunstefees