Byvoeglike naamwoorde

Wat is byvoeglike naamwoorde?

  • 'n Byvoeglike naamwoord vertel meer oor 'n selfstandige naamwoord.

Byvoorbeeld: Die dogter is mooi. (Die dogter is jou selfstandige naamwoord en mooi vertel ons meer van die dogter.)


Daar is twee verskillende soorte byvoeglike naamwoorde:

  • Attributiewe byvoeglike naamwoord: Dit is die byvoeglike naamwoord wat voor die selfstandige naamwoord staan.

Byvoorbeeld: 'n Mooi dogter staan daar.

  • Predikatiewe byvoeglike naamwoord: Dit is die byvoeglike naamwoord wat agter die selfstandige naamwoord staan.

Byvoorbeeld: Die dogter wat daar staan is mooi.


BYVOEGLIKE NAAMWOORDE KAN INTENSIEWE VORME Hê, ASOOK TRAPPE VAN VERGELYKING.

INTENSIEWE VORME: bloedrooi, goudgeel, skreeulelik

TRAPPE VAN VERGELYKING: vinnig, vinniger, vinnigste